Sonkragstelsels vir die Landbou

Falko Solar is 'n lid by AREP (Association for renewable Energy practitioners) en het die nodige kennis om sonkragstelsels te ontwerp vir die lanbou industrie. Kontak ons vir enige navrae en kwotasies - 022 022 0033 of epos ons by solar@falko.co.za.


Energie is een van landbou se grootse uitgawes en dit raak elke jaar net meer. Dit is gelukkig iets wat maklik beheer kan word en deur 'n medium termyn belegging drasties verminder kan word. Om die regte sonkragstelsel te ontwerp, wat ekonomies lewensvatbaar is, moet daar deeglik beplan word. 


Ons besit die kennis en toerusting om 'n energie profiel te skep deur die kragverbruik te monitor en die verbruiker se kragnetwerk te bestudeer. Meeste plase het 3-fase kragnetwerke en nie alle sonkrag installeerders het die praktiese ondervinding om met 3-fase installasies te werk nie. Falko installeer "Grid-tied", "Off-grid" en "Hybrid" Stelsels.

Facebook